Tongaanse nasionale rugbyspan

Tonga
Unie Tongaanse Rugbyunie (TRU)
Bynaam(e) ʻIkale Tahi
Embleem die wit duif
Stadion Teufaiva Sportstadion, Nukuʻalofa
Kapasiteit 10 000
Afrigter(s) Vlag van Tonga Tevita Tu’ifua (sedert 2024)
Kaptein(s) Sonatane Takulua
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Sonatane Takulua (55)[1]
Meeste toetspunte Kurt Morath (340)[2]
Meeste drieë Sonatane Takulua en Fetu’u Vainikolo (17 elk)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Tonga Tonga 9–6 Fidji Vlag van Fidji
(Apia, Samoa; 15 Augustus 1924)
Grootste oorwinning
Vlag van Tonga Tonga 119–0 Korea Vlag van Suid-Korea
(Nukuʻalofa, Tonga; 22 Maart 2003)
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 102–0 Tonga Vlag van Tonga
(Albany, Nieu-Seeland; 16 Junie 2000)
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 102–0 Tonga Vlag van Tonga
(Auckland, Nieu-Seeland; 3 Julie 2021)
Wêreldbeker
Verskynings 9/10 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Eerste rondte, derde in groep 1995, 1999, 2007 en 2011
Unie webwerf
www.tongarugbyunion.org

Die Tongaanse nasionale rugbyspan (Engels: Tonga national rugby union team; Tongaans: timi feohi ʻakapulu fakafonua ʻa Tonga) is die nasionale rugbyspan wat Tonga in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Tonga geadministreer deur die Tongaanse Rugbyunie (Tonga Rugby Union, TRU) wat in 1923 gestig is. Tonga word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Die Tongaanse rugbyspan is tans (Oktober 2023) 16de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Die span neem deel aan die jaarlikse Stille Oseaan Nasiesbeker, saam met Fidji, Japan en Samoa. Tonga is ’n lid van die Stille Oseaan-eilande Rugbyalliansie (Engels: Pacific Islands Rugby Alliance; PIRA), saam met Fidji; Samoa was tot in 2009 ook ’n lid, maar hulle het hulself onttrek.[5]

Tonga het in 1924 sy eerste internasionale wedstryd teen Fidji gespeel. Tonga, Fidji en Samoa speel gereeld teen mekaar in toernooie soos die Stille Oseaan-nasiesbeker (tot in 2005 Stille Oseaan-drienasies), waarin Tonga tot dusver een titel gewen het. Tonga se bynaam is ʻIkale Tahi (Tongaans vir: “seearend”) en hulle speel tradisioneel in rooi truie met wit broeke. Die Sipi Tau-oorlogsdans word voor elke toetswedstryd deur die Tongaanse span uitgevoer. Die oorlogsdans dateer uit die land se oorloë met naburige eilande.[6]

Tonga het tot dusver vir nege van die tien rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer en net die Rugbywêreldbeker 1991 in die destydse Vyfnasies misgeloop. Hul beste prestasie tot dusver was die derde plek in hulle groepe in onderskeidelik 1995, 1999, 2007 en 2011.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 10 Oktober 2023.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 10 Oktober 2023.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 10 Oktober 2023.
  4. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 10 Oktober 2023.
  5. (en) "We quit: SRU". Samoa Observer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2012. Besoek op 20 Februarie 2012.
  6. (en) "Rugby History in Fiji". Teivovo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2007. Besoek op 14 November 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne